South African Singers

 
 

 



 
       

 

 

 
 
 


 

 








 

 
 





Ampie is gebore op 27 Mei 1982 in Pretoria. Van vroeg af reeds was dit duidelik dat hy geseën is met baie talente. Hy het veral uitgeblink
in sport en so dan provinsiale kleure verwerf in verskeie sportsoorte. Soos wat Ampie ouer geword het, het hy ‘n liefde ontdek vir musiek, en so sy God gegewe talent begin ontgin. Hy het ure aaneen begin spandeer met sy eerste liefde – sy kitaar.

So het Ampie balans gehandhaaf
tussen sport, musiek en akademie, waarna hy na matriek Finansiële bestuur aan die Universiteit van Pretoria gestudeer het en daarna 4 jaar gewerk het as ‘n konsultant by ‘n belasting firma. Deur dit alles, was sy hart altyd by musiek en dit was deurentyd deel van wie hy is. Ampie begin reeds sy eerste “band” Definitely Maybe in standard 9 en daarop volg sy deelname aan die sang-duo kompetisie, Zing, op Kyknet.

Daarna het Ampie se paaie gekruis met Hanno van Heerden en ‘n Man soos Jan het begin rock in kuierplekk
e regoor Pretoria. Glitterati se Temalied was deel van hulle suksesverhaal.

Intussen was Ampie ook betrokke by die bestuur van Elizma Theron, en het ‘n paar treffers vir haar ook geskryf onder andere die lied “Ek Soek Jou” wat as titelsnit gebruik was.

So het Ampie aangehou om sy hart te volg en sy pad oop te veg vir ‘n plek in die Suid-Afrik
aanse musiekbedryf en na vele teleurstellings opgestaan en harder teruggeveg om sy droom ‘n realiteit te maak.

Hy het as projek n CD aangepak saam sy jare lange vriend die krieket speler A.B. de Villiers waarop Ampie al dertien die liedjies op die album geskryf het.

Sean Else en Ampie se liefde vir “Country Pop” musiek (in die styl van Keith Urban en ander groot name) het hulle onder andere bymekaar gebring en hulle het ‘n nuwe “band”, 34 GRADE SUID gestig. Hulle het saam begin skryf en onmiddelik
‘n nuwe styl ontwikkel wat uniek is tot die Afrikaanse musiekmark. Die musiek is aards en melodies en Sean en Ampie se stemme betower met pragtige harmoniëe en tekstuur. Hulle paaie het geskei aangesien Ampie graag n solo loopbaan wou volg en Sean te besig geraak het met teater vertonings en rolprentvervaardiging.

Ampie het uiteindeli
k sy langverwagte droom bereik om as solo kunstenaar sy eerste poging aan te wend. Hy het kragte saam gespan en ‘n gesamentlike onderneming met die bekende Coleske Artists groep beklink om sy eerste CD bekend te stel.

Ampie het verder kragte saam gesnoer met die bekende musiekverv
aardiger Murray Lubbe en die twee het, in samewerking met ander maatskappye, ‘n platemaatskappy gestig genaamd Hit Factory Records en is tans besig met hul eerste twee kunstenaars, Kerry Lee asook PJ Cruz. Murray het onder andere al met die land se grootste kunstenaars gewerk genaamd, Steve Hofmeyr, Kurt Darren, Riana Nel, Romanz, Theuns Jordaan en Bobby van Jaarsveld om maar ‘n paar te noem.

Ampie en Murray is ook aan die werk met ‘n moderne afrikaanse
country groep saam met een van die land se top kitaarspelers, Danny Smoke, waar hulle die drie lede van die groep uitmaak.

Daar is groot verrassing
s wat Hit Factory Records een van die dae bekend gaan stel wat onder andere die publiek in staat gaan stel om al die kunstenaars onder hul vlerk se musiek gratis te kan bekom!

Ampie du Preez is vinnig besig om naam te maak as ‘n briljante en gesogte liedjie skrywer, platebaas,
asook solo kunstenaar
en almal staan tou om van sy talent gebruik te maak.

https://twitter.com/ampie007?lang=en








Arno se sangloopbaan het saam met sy sangmaat Susan begin toe hulle aan die realiteitsprogram op KykNet nl Zing deelgeneem het.  Susan het egter besluit om verder te gaan studier en Arno se sololoopbaan het begin met die uitreik van sy eerste album “Altyd”

 2007 was Rugby Wêreldbeker jaar en is Arno gekies as die kunstenaar om die Tema lied van die Springbok span “the Time is Now” te sing. Hy het meer as 6 keer die Volkslied tydens die opbou van die rugby Wêreldbeker daardie jaar gesing tydens internasionale toetse.  Internasionale toere vir optredes na oa Australie, Engeland, Amerika, Dubai, Nederland volg en word Arno bekendgestel aan die Suid Afrikaners wat regoor die wêreld geimmigreer het.

Na “Altyd” het “Wil jy iets sê”, “As jy wil” , “Gee my”en “Stukkie van jou hart”gevolg.  Goue en platinum toekennings was aan die orde van die dag!   Sy nuutste album “As jy hier is” het  vars, inoverende klanke, melodiee en woorde wat aanklank vind by alle ouderdoms groepe en het ook reeds goue status bereik!

Die naam Arno Jordaan is sinoniem met Afrikaanse musiek en gaan verseker vir lank een bly.

http://www.arnojordaan.co.za/





Die blinkste ster aan die Suid-Afrikaanse musiek-uitspansel is ons eie Platinum prinses -  Juanita du Plessis.  Sy is lank reeds gekroon as ons land se top Afrikaanse vrouekunstenaar en sy gaan nie gou van haar kroon afstand doen nie.

Juanita se roemryke loopbaan het in 1998 afgeskop met haar debuutalbum “Juanita”. In dieselfde jaar wen sy verskeie toekennings en dit was toe reeds duidelik dat Juanita se liedjies wèrk!   Na baie gebede en wag, verskyn haar eerste album “Ek en jy”; Ska-Rumba was die bonussnit. ‘n Suksesverhaal met vele mylpale word geskryf.  ‘n Klompie skitterende, suksesvolle albums sien die lig en Juanita word die eerste Afrikaanse sangeres wat die eerste plek op RSG se amptelike Top 20-treffersparade haal en drie weke agtereenvolgens bo-aan bly!

In die volgende vyf jaar verander die Meisie van Suidwes se lewe drasties. Die Du Plessis-gesin laat Namibië agter en vestig in Pretoria. Nog albums sien die lig en Juanita herskryf weereens die rekordboeke toe haar algehele verkoopsyfer in 2010 die 1.6 miljoen merk bereik.  Haar tweede Gospel-album, “Vlieg Hoog”, is aangewys as die Top Afrikaanse Gospel-verkoper van alle tye.

Juanita du Plessis se loopbaan spreek van roemryke prestasies, kosbare mylpale, nederigheid en toewyding, en die toekennings op haar kerfstok oortref diè van die meeste kunstenaars in Suid-Afrika.

EN NOU…

En nou, op publieke aanvraag en aandrang, na elf suksesvolle albums en vier ewe suksesvolle dvd’s, is Juanita eindelik hier met haar splinternuwe album “Engel van my hart”.  Die dubbel CD  bevat twaalf kraakvars liedjies sowel as tien van Juanita se beste duette.  En dit is geen verrassing dat die CD reeds voor uitreiking platinum status bereik het nie.

 

http://juanitaduplessis.co.za/



 


Bobby van Jaarsveld joined the music industry at the beginning of his Grade 12 year when his first solo cd was released by Bler Music in South Africa.

Bobby’s talent did not go unseen and in 2006 he received 3 nominations for Best New Comer. The first was at the Klein Karoo National Arts Festival (a local arts festival in Oudtshoorn for short KKNK), the second was through a local music magazine, Vonk and the third was through Huisgenoot Tempo Magazine. Huisgenoot/YOU is one of South Africa’s leading weekly magazines. Bobby won the category Best New Comer at one of South Africa's biggest extravaganzas, Skouspel, that is yearly hosted by Huisgenoot at Sun City in the Superbowl. As winner of this category it was a great privilege to him to be selected as one of the chosen few artists who performs at the Skouspel Extravaganza at Sun City yearly. Since 2007 – 2011 Bobby became a household name at this extravaganza.

In November 2006 Theuns Jordaan Productions (South Africa) offered Bobby a recording contract. Bobby’s first cd DUISEND URE (Thousand Hours – if translated) was repacked and redistributed with a whole new look and sound. Three of the songs on the cd was written by Bobby himself. CD sales reached Gold Status in March 2008.

In May 2008 Bobby started to perform with his own band. His unique and energetic performances attracts people from all age groups to his shows. Bobby uses different genres of music during his shows which makes his performances interesting and people will return time and again to see what he has up his sleeve this time.

In October 2009 Bobby’s 2nd album hit the market – NET VIR JOU (Only for You – if translated). This cd has 13 tracks – all written by Bobby himself – music and lyrics. The production and distribution of the cd was done by Coleske Artists (South Africa). It is nice sing-a-long songs, but the lyrics are food for thought. CD sales hit Platinum Status within 8 weeks. CD sales hit Double Platinum Status with sales of 83 500 units.

On the album are two songs, SPIEELTJIE SPIEELTJIE (Mirror Mirror – if translated) and the title track of the album NET VIR JOU, which was also recorded as videos. They are both available on You Tube. On a local music video website with the biggest selection of Afrikaans videos, Spieeltjie broke 3 records in the first week on the site.

Bobby has a modest and very lovable personality and with his shy smile has crept deep into the hearts of his fans. In January 2010 Bobby was awarded as the VIEWERS FAVOURITE ARTIST for 2009 on DKNT (a local music program on the pay channel DSTV in South Africa).

 





 

Bok (GewildesMusikantus)

Kenmerke

Hierdie is die vermaaklikste boksoort en is bekend daarvoor dat hy musiek maak wat die kol tref en by alle Suid-Afrikaners aanklank behoort te vind. Hou ook sy lyf gereeld akteur en spog met meer as 163 000 volgelinge of Facebook, 105 000 op Twitter, CD verkope van by die half miljoen en ‘n lang lys toekennings.

Gebore op 30 Maart 1978 in Pretoria, het hy na skool Boukunde en Konstruksiebestuur gestudeer voordat hy vir sewe jaar lank in die boubedryf gewerk het. Maar die passie om musiek te maak het hom voortdurend daaraan herinner dat hy iets anders wil doen en teen 2005, het Bok bouwerk van ‘n ander aard aangepak deurdat hy as professionele musikant aan sy bewonderaarsbasis begin bou het. Vier albums en ‘n hele rits toekennings later, is Bok een van die land se mees herkenbare stemme en gesigte in die vermaakwêreld, veral nadat hy oor die laaste drie jaar ook gereeld in Suid-Afrikaanse films te siene was.

Bok se musiek spreek van ‘n liefde vir sy land en sy mense met ‘n sweempie humor wat hier en daar bygevoeg word. “De La Rey,” die eerste album met die gelyknamige titelsnit, het mense laat regop sit en notisie neem en multi-platinum verkope is behaal. In 2007 het Bok drie Huisgenoot Tempo Toekennings gewen, asook vyf Vonk Toekennings en die MK Musiekvideo van die Jaar. Tussendeur dit alles, help hy ook met die vervaardiging van die rugby musiekalbum “Ons Vir Jou” wat meer as 90 000 kopieë verkoop soos wat Wêreldbekerkoors die land oorheers. Daar word ook gewerk aan die opvolgalbum, “Afrikanerhart,” wat in 2009 vrygestel word en vinnig dubbel platinum verkope aanteken. In 2010, wen Bok die SAMA vir Bes Verkopende Album vir “Afrikanerhart” en word hy ook aangewys as die top verkopende Suid-Afrikaanse kunstenaar van die jaar.

Na die vrystelling van sy derde album, “My Kreet,” skaars ‘n jaar later, ontvang hy ‘n goue ere-toekenning by die 2011 Vonk Afrikaanse Musiek Toekennings. Dis ook in 2011 wat Bok as die hoofakteur in die film Platteland verskyn teenoor Lianie May en Steve Hofmeyr. Die rolprent word die grootste Afrikaanse film van die jaar en die DVD verkope bereik dubbel platinum status. Die situasie herhaal homself in 2013 toe Bok in die film “As Jy Sing” verskyn en dit die grootste Afrikaanse rolprent van die jaar word. Rondom dieselfde tyd wat die DVD vroeg in 2014 uitgereik is, verskyn Bok weer op die grootskerm in “Vrou Soek Boer.” Bok gaan ook in “Leading Lady,” ‘n internasionale rolprent wat later in 2014 vrygestel word, verskyn.  En hoewel als in groot geheimsinnigheid gehul is, is daar ook bevestig dat Bok aan nog ‘n ander rolprent gaan begin skiet in 2014.

Bok se vierde album, “Steek die vure aan,” word tydens Braaidag en Erfenisdagverrigtinge in 2013 bekendgestel aan ‘n handjievol media, mede-kunstenaars en lojale bewonderaars wat vinnig genoeg kaartjies kon bekom. Verkoopsukses is hoofsaaklik te danke aan die gewildheid van die eerste treffer, “Land van melk en heuning,” ‘n tipiese Bok testament van kragtige lirieke, ‘n dieper betekenis en iets wat trots aanwakker. Die CD was die top verkopende album in die land vir ses weke en “Land van melk en heuning” het die nommer 1 posisie op verskeie radiostasies se treffersparades gehaal. Die tweede treffer is die titelsnit self en het reeds die nommer 1 posisie behaal op verskeie stasies, insluitende beide Jacaranda FM se treffersparades, die Afrikaanse Top 20 en die Kia Top 20.

Bok is mal daaroor om te toer en optredes te hou. Twee persoonlike hoogtepunte vir hom was die eerste Afrikaans Is Groot konsert in 2012 voor ‘n skare van 28 000 mense in Pretoria en die daaropvolgende jaar se Afrikaans Is Groot konserte in Pretoria en Kaapstad voor 70 000 mense. Die DVDs van die konserte het ook onderskeidelik dubbel platinum en platinum status bereik met laasgenoemde wat steeds van die winkelrakke afvlieg. Bok is ook ‘n direksielid van die Afrikaans Is Groot Bestuurskomitee en ‘n aktiewe lid van die Hanna Liefdadigheid- en Bemagtigingsorganisasie. Hy het ook reeds twee keer deelgeneem aan die Bikers for Mandela Day inisiatief.

Bok glo vas daaraan dat bewonderaars nie altyd besef hoe baie hul lojaliteit en erkenning vir kunstenaars beteken nie. Juis daarom maak hy ‘n punt daarvan om met hulle te kommunikeer en op die hoogte te hou van waarmee hy besig is, hetsy by konserte of deur sosiale media. Daarvan getuig die meer as 120 000 volgelinge op Facebook en die meer as 68 000 Twitter volgelinge. Naas die bewonderaars, is Bok ook baie trots op sy assosiasie met borge soos Blaser, Sensation Boats, Samsung, Guvon Hotels, Titleist, The Dental Spa en Kingsley Heath en maak hy seker dat hulle gelukkig is met hul verhouding met hom.

Bok is ook mal daaroor om saam met ander kunstenaars te werk en het reeds liedjies opgeneem saam met Steve Hofmeyr, Valiant Swart, Robbie Wessels en Die Heuwels Fantasties. Hy is ‘n gewilde persoonlikheid in die Suid-Afrikaanse media en verskyn gereeld in koerante, tydskrifte en aanlyn, asook op radio en TV. Op TV het Bok ook al as aanbieder verskyn op programme soos die eerste seisoen van Toks & Tjops, gasaanbieder van Jukebox en Bok vir Sports waarvan die nuwe seisoen in 2014 vervaardig sal word en vroeg in 2015 uitgesaai sal word. Bok het selfs sy stem dik gemaak op die radiogolwe en in Maart 2014 vir drie dae lank as Anna Visser se mede-aanbieder op OFM se Breakfast Special verskyn. Bok se belangstellings en stokperdjies sluit in, die buitelewe, diepseehengel, jag, gholf, die bosveld en braai.

“Dis in my bloed. Ek geniet musiek maak. Geniet is miskien nie ‘n sterk genoeg woord nie. Ek is mal daaroor. Mal daaroor om te sien hoe mense aanklank vind by my lirieke, hoe hulle saamsing… mal daaroor om te hoor by my bewonderaars hoe ‘n liedjie hulle lewe geraak het of net hul gemoedstoestand gelig het. Ek voel geseënd om te kan sê ek geniet wat ek doen.”

As jy op die hoogte wil bly van Bok van Blerk se planne en optredes, sluit gerus aan by hom op sosiale media:


South African Singer and Actor www.bokvanblerk.co.za
https://www.instagram.com/bokvanblerk/

Twitter: @BokvanBlerkReal
Facebook:
Bok van Blerk

 







Dewald Wasserfall is gebore op 11 Oktober 1984 in Empangeni, Kwazulu Natal. Sy familie verhuis na Alberton waar hy in 2002 matrikuleer aan die Hoërskool Marais Viljoen. Na skool voltooi hy sy Nasionale Hoër Diploma in Vermaaklikheidstegnologie aan die destydse Technikon Pretoria. 

Musiek het egter harder geroep en in 2006 begin Dewald voltyds werk aan ’n musiekloopbaan. Hy bereik matige sukses met die groep “Wasserfall” en treffers soos “Suikerbos” en “All about me”, voordat hy in 2010 besluit om ’n solo loopbaan te volg.

“Vergeet wat jy weet van liefde”, sy eerste solo album word in 2012 uitgereik en behaal platinumverkoper-status met die treffers “Eendag as ons groot is”, “Sewentien” en “Vergeet wat jy weet van liefde”. Die album wen ook die “Beste Nuweling” toekenning by die Ghoema Musiektoekennings, sowél as die Huisgenoot Tempo toekennings.

“Ek en Jy”, die opvolg album behaal goue status en wen die SAMA (Suid Afrikaanse Musiek Toekenning) vir “Beste kontemporêre musiek album”. Dié prestasie is een wat al jare lank op Dewald se wenslys is. Die album ontvang ook 4 Ghoema nominasies en ’n Tempo nominasie.

Nou is Dewald terug met “Jy is die Storm”. Die titelsnit van hierdie album boer reeds op die trefferlyste en Dewald reken dit is sy beste album nóg. Die kranige span van Danny Smoke (Vervaardiger), Johan Vorster (Mede-skrywer en uitvoerende vervaardiger), Christoph Kotzé (Mede-Skrywer) en Murray Lubbe (Meng) word weer ingespan.

dewald-cutout-2

Dewald is ’n kranige, gesoute liedjieskrywer. ’n Perfeksionis. ’n Passievolle wêreldreisiger. ’n Aaklige gholf speler. ’n Draer van T-Hemde en oraaiterige kitaarspeler. Hy glo daarin om homself met uitstekende mense te omring. Dis ook belangrik om jouself met biltong te omring.

http://www.dewaldwasserfall.co.za/#tuis



 



Elizma Theron is 'n
Afrikaanse sangeres en aktrise. Sy is in Bethlehem in die Vrystaat gebore, maar het haar skoolloopbaan in Kuruman, Noord-Kaap begin en voltooi. Sy het ook in KykNET se sepie, Villa Rosa gespeel. Haar liedjie "Lapaside" was vir verskeie weke die nommer een-treffer op MK89.
http://www.elizmatheron.co.za/








   



Voorheen boyband lid en nou soos Huisgenoot dit stel, het hy “homself finaal losgewikkel” en staan Joe Foster nou met ‘n Ghoema bekroonde skat van ‘n album in die hand! Sy Temalied vir die Film “Pad na jou hart” het ons almal laat regop sit in afwagting van wat hy nog gaan oplewer op sy eie.

13 Oorspronklike liedjies almal uit die pen van hierdie Ghoema wenner vir “Lied van die jaar” 2015 en  nie een stel teleur nie en resensente is gaande oor die produk!

“It’s amazing. Joe’s strong point, besides his smooth vocals, is his songwriting. This is something we respect a lot” – “This (Hartklank) is one of the best local albums to be released this year” – People

“…Joe is ’n uiters talentvolle en veelsydige sanger en liedjieskrwyer wat nie noodwendig al wat modegier is, navolg nie, en tog vorendag gekom het met musiek van goeie gehalte wat toeganklik is vir ’n groot gehoor. Hierdie album kan sterk aanbeveel word en behoort nog heelwat treffers op te lewer” – Maroela Media.

 “As Hartklank ’n aanduiding is van wat kom, le ’n blink sololoopbaan vir hom (Joe Foster) voor.” – Huisgenoot

Met ‘n nuwe treffer op hande met sy nuutste enkelsnit “Vir my gemaak” lyk dit of 2016 sommer vroeg op ‘n hoogtepunt afskop met reeds 100 000 Kyke en  meer as 4000 “shares” op Facebook! Die lied is ook tans op verskeie radiostasies te refferlyse en in Pretoria le die enkelsnit reeds op die Jacaranda Afrikaanse top 20.

Daar is min musikante van wat so gemaklik agter ’n klavier kan inskuif en van daar ’n wonderlike musikale vertoning, met stem en klavier kan lewer. Joe se besondere mooi stem en sy opwindende melodieë en lirieke maak dat sy musiek inderdaad musiek uit die hart is.

Buiten die  dertien liedjies wat Joe vir sy album geskryf het was hy ook 2015 genader om vir kykNET ‘n temalied vir te skryf, spesifiek met die slagspreuk. Beleef jou wereld in Afrikaans. Dit is  ‘n bewys van die vertroue wat in Joe se vermoe geplaas word –  Hierdie lied word in 2015 ‘n bekende in KykNET kykers se huise en dien die lied as fondasie vir ‘n merkwaardige en bekroonde veldtog..

Joe se liefde vir musiek kom reeds van kleins af. Sy ma was ’n musiekonderwyser wat hom vroeg al touwys gemaak het en reeds voordat hy skool toe is, het musiek hom geroep. Kleintyd het hy begin met klavierlesse en as jong musikant was hy ook die musiekleier van ’n paar gemeentes soos die NG gemeente Quellerina en ook klavier begeleier en item sanger by die bekende Mosaïek gemeente.

Joe het sy heel eerste musiekstudio ingerig toe hy nog op skool was, en dit was dus ’n logiese keuse dat hy opleiding wou ontvang as klankingenieur. Hy skryf in 2002 in vir ’n kursus in musiekvervaardiging en klankingenieurswese aan die SAE Tegnologie Kollege in Amsterdam, Nederland. Nadat hy sy studies voltooi het, doen hy vir ’n paar maande praktiese ondervinding op in ’n musiekstudio in Köln, Duitsland. Daarna is hy weer vir ’n paar maande terug na Nederland voordat hy uiteindelik huis toe gekom het.

Na sy terugkeer na Suid-Afrika, fokus Joe veral op die vervaardiging van musiek en hy help onder meer vir Karen Wessels om haar CD,  Hoe durf jy? op te neem. Toe die geleentheid opduik om in 2010 by die mansgroep ADAM aan te sluit, gryp Joe hierdie kans met albei hande aan en vir drie jaar was hy deel van hierdie baie gewilde popgroep. Uit Joe se pen het ’n hele rits van ADAM se grootste treffers gekom. Liedjies soos “Gebore om jou lief te hê”, “Hartklop,” “Sonder” en “Mooiste Melodie” is alles deur hom geskryf. Joe skryf ook die temalied vir die baie suksesvolle Afrikaanse fliek, Pad na jou hart en die liedjie met dieselfde titel is reeds vir maande lank op verskillende treffersparades. Joe is ook in 2014 genomineer vir ’n Ghoema-toekenning as Liedjieskrywer van die Jaar vir “Pad na Jou Hart”. Hy hoop om vorentoe in sy loopbaan sommer nog baie musiek vir rolprente te skryf.

Joe het ADAM in Oktober 2013 verlaat en besluit om hom op sy eie sololoopbaan toe te spits. Uit die ADAM ervaring het hy veral baie van die verhoog geleer en hoe om as kunstenaar ’n lekker wisselwerking met ’n gehoor te bewerkstellig. Deesdae is hy ewe gemaklik voor ’n klein intieme gehoor, of ’n reuse skare. Sy  stem het ook in hierdie tydperk geweldig gegroei en by dit alles is sy eie kreatiwiteit uitgedaag.

Hy het nie gehuiwer om hierdie uitdaging aan te durf nie en die rits treffers wat uit sy pen verskyn het, getuig hoe suksesvol hy daarmee was. Joe se insluiting as solokunstenaar in 2014 se Huisgenoot Skouspel en die Innibos Fees se hoofprogram kan getuig van die topgehalte musiek wat hy maak en sy toenemende gewildheid as musikant.

Joe se vertonings is besonder gewild by feeste en ook as deel van korporatiewe geleenthede, en hy hou self baie daarvan om in die intimiteit van ’n kleinerige teater sy hartsmusiek te maak. Joe het ook ’n orkes wat gereeld saam met hom optree.

Met HARTKLANK stap hy ’n pad saam met diebefaamde en ervare Coleske broers

Joe se eerlike lirieke getuig van lewenservaring en ’n behoefte om hierdie lewenslesse wat hy langs die pad leer, eerlik en opreg met sy luisteraars te deel. Een ding wat Joe op die harde manier moes leer, is om geduldig te wees en te wag dat die tyd ryp is vir sekere dinge. Sy lewensfilosofie is om telkens langs die pad stil te staan en ’n bestekopname te maak om so seker te maak dat hy die heeltyd vorentoe beweeg. Uiteindelik hoop hy om ook as solokunstenaar die platinummerk met die verkope van sy CD’s te haal. Met musiek wat uit sy hart uit kom, hoe anders?

Joe Foster wen in 2016 Ghoema Manlike Pop Album van die jaar met Hartklank Album. Dit was die harde werk and lank wag werd.

 

https://joefoster.co.za/















Leah is gebore en getoë in Belville, Kaapstad se noordelike voorstede. Leah is gekwalifiseerd op vele vlakke. Sy het ’n BCom (Regte) agter haar naam en opleiding aan die Waterfront Teaterskool, en het grootgeword in ’n huis gevul met deuntjies van haar pa se keuse.

Ná inskrywings in ’n magdom musiekkompetisies, met TV-advertensiewerk tussen in, het Leah se groot deurbraak gekom in die vorm van modelwerk: sy is raakgesien in November 2011 in Rapport se Model van die Jaar-kompetisie wat sy ook gewen het. Kort daarna het die liedjieskrywer Johan Vorster haar hoor sing en onmiddellik aan die werk gespring om haar binne maande ’n opnamekontrak te verseker. Vandag is Leah toegerus met ’n 14-snit debuut album Wonderwerk wat in 2015 die lig gesien het het. Sy het ook onlangs die Bokkie-toekenning vir Nuweling van die Jaar ingepalm is en vir vier Ghoema-toekennings benoem.

Leah se sukses ken geen perke nie. Sy het die musiekbedryf aant gons gehad met haar verskyning as Juffrou Du Bruyn in die silwerskerms-sukses-film “As jy sing”.

Leah word in 2016 ’n rol aangebied in die dramareeks “Sterlopers” en vertolk die rol van Nina, ’n regte blondine wat baie omgee vir haar vriende wat ook in die toneel- en dansindustrie is en dit wil maak as ’n kunstenaar.Vanjaar was dit ook Leah se eerste keer wat sy opgetree het by die jaarlikse Klein Karoo Nasionale Kunstenfees (KKNK), en haar nuutste musiekvideo “Volmaan” is onlangs bekendgestel.

 

http://leahlive.co.za/



   



Lianie May het die land in 2008 bekoor met haar weghol treffer-album ‘Vergeet my nie’. Van daar het die boeremeisie van Oranjeville in die Vrystaat diep in die Suid-Afrikaanse publiek se harte ingekruip. Met vele albums, multi-toekennings en ‘n film agter die blad, is Lianie May nie net ‘n huishoudelike naam nie- maar is sy hier om te bly.

Lianie was in 2006 raakgesien en geteken deur die talentvolle musikale genies, Sean Else en Johan Vorster. Van daar het Lianie se harde werk, determinasie en nederige persoonlikheid haar van krag tot krag laat gaan, en is sy vandag een van die land se top vroulike kunstenaars.

 

Lianie gebore 2 Augustus 1976 te Sasolburg, woonagtig in Pretoria – is steeds SAse liefling sangeres.

Dis nie net Lianie se unieke stem wat haar laat uitstaan nie, maar sy her ook bewys dat sy heel gemaklik agter die pen en skryfproses van treffers kan inklim. “Dit is lekker om te skryf, ek en Barry skryf gewoonlik saam,” vertel Lianie. 

Lianie en Jay se nuwe duet album word binnekort verwag en dit beloof om weer ’n album te wees wat die aanhangers gaan wegblaas met tong-in-die-kies liedere.

Lianie se persoonlikheid, op-en-van-die-verhoog af, maak haar een van ons land se lieflinge. Haar passie vir sang en mense skemer duidelik deur en haar vermoë om elke mens spesiaal te laat voel is onvermydelik. Sy is nie verniet een van ons land se supersterre nie, maar verdien die titel in al sy glorie.

Lianie May is terug om weer op elke verhoog in Afrika op te tree.

Lianie May gaan weer terug na die mense toe. “Ek glo dit is belangrik om na die mense toe te gaan, die mense wat my gehelp het om te kom waar ek is vandag. Ek wil weer vir hulle optree en harte aanraak met my sang,” verklap sy met ’n sprankel in haar oog.

 

http://lianiemay.com/








Nádine has sold more than 500 000 albums in South Africa, and for the past 15 years she’s been performing for grateful audiences with her powerful voice and soulful lyrics. Now South African music lovers get the chance to experience another side of Nádine… as presenter of a music programme. The popular singer was chosen as presenter of “Musiek Roulette”, a new music game show on SABC2. The series is being produced by Stemmburg TV.

She’s also working on two new albums, one for her Afrikaans fans as well as an English album which will focus on the international market. Nádine – the first South African singer to win the “World Peace Song Festival” when she beat Coldplay and Ladyhawke in 2010 – is becoming more and more popular overseas. With regular shows in Europe and Asia, her crowds are growing every day. Launch of the new English album : July 8 & 10 in London!

OVER 500.000 ALBUMS SOLD IN HER OWN COUNTRY
Nádine has become one of the most popular artists in South Africa since the release of her first album more then fifteen years ago when she was only 13 years old. She has sold more than 500 000 albums in South Africa. Her crystal clear voice and moving lyrics were a crowd favourite from the word ‘go’. In 1997 Nádine took the stage during “Two Nations in Concert”, a musical event in Johannesburg, where she shared the stage with the Spice Girls and Billy Ocean.

THIS TIME I KNOW
Nádine has won several platinum and golden awards; with more than 120 shows a year she is one of the most succesful artists in South Africa. A few years ago her musical career skyrocketed. Nádine travelled to Europe where she signed with a Belgian management company. She also recorded a new album with the top Swedish producer, Nick Manic. Hits from the album included “This Time I Know”, “Made Up My Mind” and “Coming Home”.

BEST CROSSOVER ALBUM
During the summer of 2009 Nádine launched the first part of her European adventure with some accomplished showcases. In the autumn of th same year she travelled to New Zealand for a succesful concert tour. She ended the year of a high note when “This time I know” won the sought-after Vonk Award in South Africa for Best Crossover Album.

WORLD PEACE SONG FESTIVAL
Nádine is the first South African to win the annual World Peace Song Festival. On February 16, 2010 the much-loved South African artist was named the winner by organizers OGAE Italy, with her song “This Time I Know It’s For Real”, beating off competition from the likes of Coldplay (England’s entry) and Ladyhawke (New Zealand). An ecstatic Nádine said the award gave her “huge confidence” ahead of the release of her album ‘This Time I Know’ across several European territories and the Asian market.

TOP LIVE PERFORMER – MUSICAL STAR – CHINA HERE WE COME
Her stunning live performances quickly caused a buzz, also in theatre… Early 2012 Nádine was nominated for the South African Theatre awards as the leading lady Mary Magdalene in “Jesus Christ Superstar”. The team of Toco Asia saw only one performance, but that was enough to convince them to take this pop star to Shanghai, Beijing, Wuhan, Wenzhou, Tianjin and Changsha later in 2012!

NUMBER ONE @ JACARANDA
Nádine released a new Christmas album in December 2012. “Christmas in South Africa” focuses on the multi-cultural pride of SA. “The land of the sun” is showcasing all the different cultures and colours to the rest of the world. “Light In The Sky”, Nádine’s hitsong from 2012, received lots of airplay in South Africa and Belgium. The song reached the top of several charts and was number one on Jacaranda Top 20, South Africa’s leading hit radio station, broadcasting for Gauteng and the area’s around.

2013 & 2014 – FLYING HIGHER ONTO BIGGER DREAMS
After a nation wide tour in 2013, her preparation starts for a new English and a new Afrikaans album. Inspired by top performances at the biggest music festival in her country, “Innibos”, as well as the amazing “Skouspel” productions in SA (the biggest shows of the country, held in Johannesburg and Cape Town), Nádine is ready to release two amazing albums. One for her home market, in Afrikaans, as well as an English album made to surprise nations all over the world. Both are pop albums with a touch of rock and a flavour of electro!

A NEW TV STAR IS BORN
It’s more exciting time for Nádine, with the recording of a new TV show starting in May 2014… with Nádine as presenter! “Musiek Roulette” will be produced by the iconic production company, Stemmburg TV. The programme will air on SABC2. The leading lady of Afrikaans pop music will sing along with the audience, as well as guide three contestants through the game and in the process will present the South African TV audience a show that has all it takes to go far outside South Africa.

FROM CITY TO TOWN TO VILLAGE
As much as Nádine knows she’s emotionally ready for the big leap into new waters that’s currently underway, she’s well aware of all the hard work that lies ahead. “I started out just going from city to town to village in a touring bus asking to play my music and entertain people. I’m very excited to do all that hard work all over again, and to meet people and see places that I’ve never done before.”

 

http://www.nadinemusicofficial.com/about/



 



Being a multifaceted artist, his repertoire includes rock, pop and ballades, often
incorporating strong classical elements.

Nicholis released his first album in 2003.  Within months it reached double platinum.
Strong sales drove it to triple platinum status.  Subsequent albums continued
in this trend with multiple Gold, Platinum, Double Platinumand Tripple Platinum achievements.

 On his country wide tours his shows are famous  for his energetic performances placing
him in  a league of his own.

He tours with one of the best Sound &  Lighting systems available and averages 120
performances  per year.  His shows are lively events where the audiences
usually sing and dance to every word of every song.

He is signed with Select Music and his Events Management is done by Platinum Promotions.

http://www.nicholislouw.co.za/






Nicky is undoubtedly the next Afrikaans child superstar! She has everything going for her, a good voice, a good look, she’s confident and determined to succeed. She definitely has the x-factor. Nicky already learnt to always give 110% in everything she does. The same goes for when she decided to record her debut album.
She wanted something that will appeal to her peers, but also to older people. So she got some of the best Afrikaans songwriters to write her some great songs. Johan Oberholzer needs no introduction when it comes to songwriting. He’s written plenty of hit songs for many platinum selling artists!  Emil Struwig is an award winning Afrikaans songwriter that also boasts with some big hits by top Afrikaans artists, the same goes for Waldo Greeff and Michael Lindt.  
Her first single: “In die mik van my hart” (Emil Struwig) has been on Soundcloud for about 3 months and has been played more than 1200 times! https://soundcloud.com/ouisvderg/nicky-de-kock-in-die-mikvan-my-hart
A Gospel song from her soon to be released album: “Glo soos ‘n kind” features on Select Music’s newest Gospel compilation CD: “God is Groot vol. 2”
https://soundcloud.com/ouisvderg/nicky-de-kock-glo-soos-n-kind
Nicky is also currently working on a brand new Afrikaans film that she was chosen to star in and she will play the younger version of the female lead in the movie. The producers of this movie also have a very good name in the Afrikaans movie scene, with many awards and accolades for their previous movie.
It’s really no wonder that she has what it takes to make it in the entertainment industry, because it’s in her genes. Her mother used to be a child presenter on the K-TV kids club that was very popular in the 90’s and her grandfather used to be part of a couple of great S.A. bands from the 70’s and 80’s.
Nicky also just finished filming her first Afrikaans feature film, with top Afrikaans writers/producers Ivan Botha & Donnalee Roberts. Nicky plays the younger version of the female lead in the movie, played by Donnalee.  Nicky’s music will also be promoted with the movie in interviews with her. The movie is called: “Vir altyd” and will be released in February 2016.
Remember the name, Nicky de Kock, because you will be hearing a lot from her in years to come!
Find her on Facebook: www.facebook.com/NickydeKockfans
And on Twitter: https://twitter.com/NickyMusiek
For more information contact: Louis van den Berg Louis.vandenberg1@gmail.com or 082472778
Hierdie 11 jarige jong dame is ongetwyfeld die nuwe Afrikaanse superstêr! Daar was baie lanklaas ‘n jong sangeres wat soveel potensiaal, talent, deursettingsvermoë, karakter en algehele x-faktor gehad het soos Nicky de Kock.
Sy behaal sukses in alles wat sy aanpak, want sy het reeds op hierdie jong ouderdom geleer om altyd 110% te gee. Nicky het ook W.P. klere in hekkies en is ook ‘n A-kanidaat by Laerskool De Hoop in Somerset-Wes waar sy woon. Sy het ook hierdie jaar by die Stellenbosch Eistedfod se Solo sang, sowel as Duet sang, met Cum laude geslaag.
Haar CD is die perfekte mengsel van liedjies wat in almal se smaak sal val, van 10-90 jaar oud.
Dan het sy ook nog die land se top liedjieskrywers gekry om vir haar te skryf. Johan Oberholzer, seker een van die beste Afrikaanse liedjieskrywers van ons tyd, het vir haar die groot treffer op haar album: Meer as genoeg, geskryf.  
Dan het Emil Struwig, ook ‘n bekroonde liedjieskrywer, 3 liedjies vir haar geskryf. In die mik van my hart is ‘n baie oulike jong “liefdesliedjie” wat ‘n baie wye mark sal tref. Jy’s die Lighuis is ook ‘n pragtige liedjie van hoop en vertroue en dan is daar die heel mooiste ballade: Oupa jy is Superman vir my, hierdie liedjie is spesiaal vir haar oupa geskryf, wat haar baie ondersteun in haar musiek loopbaan. (Hy was self op sy tyd ‘n lid van ‘n paar orkeste). Dan is daar ook ‘n baie lekker treffer op haar album, wat so reg in haar skoolmaaitjies se kraal val: Sal jy my “loomband” dra? is ‘n baie oulike skool-vriendskaps liedjie wat al die jonges kan saamsing.
Daar is ook ‘n Engelse liedjie op die album: “Music” wat sy self geskryf het.
Behalwe vir al hierdie treffers op haar album het sy ook seker die beste verhoogpersoonlikheid wat ek nog ooit in ‘n 11 jarige gesien het. Sy het soveel energie en selfvertroue op die verhoog, dat die gehoor nie anders kan as om deel te voel en hulself gate uit te geniet nie. Dit is natuurlik in haar gene, want soos haar oupa, was haar ma ook in die vermaaklikheidswêreld. (sy was ‘n aanbieder op die destydse, baie populêre K-TV Kids club

Dan het Nicky ook sopas klaar verfilm aan haar eerste Afrikaanse rolprent. Sy speel die jonger weergawe van die vroulike hoofrol, gespeel deur Donnalee Robberts. Die film word ook deur Ivan Botha en Donnalee Roberts vervaardig. Die film se naam is “Vir Altyd” en word Februarie 2016 vrygestel.
Hou maar hierdie jong dame goed dop, want sy gaan beslis nog lank ‘n bekende naam in Afrikaanse musiek wees!
VIR MEER INLIGTING KONTAK: Louis van den Berg by 0824727786 of Louis.vandenberg1@gmail.com 



 




Met verskeie SAMA-nominasies en ’n Vonk/Rapport-toekenning op sy kerfstok, keer Pieter Koen terug met 13 kontemporêre redes om regop te sit, die ore te spits en goeie oorspronklike musiek waarmee ons almal kan identifiseer, te vier.

Hierdie ATKV- en Huisgenoot Tempo-vereerde TV-aanbieder en Jacaranda 94.2-platejoggie se agtste indrukwekkende album, Wat Die Hart Van Vol Is, maak vinnig opslae as sy beste versameling ooit.

Sedert 1997 is die vermaaklikheidswêreld al sy speelveld, maar dit was sy EMI Music trefferalbum, Skud Jou Biscuit, wat van Koen volksbesit gemaak het. ’n Dekade later spoor hierdie status, sowel as sy katalogus van agt albums en een DVD, hom steeds aan. En soos 2014 goed op dreef kom, verteenwoordig Wat Die Hart Van Vol Is die volgende hoofstuk wat bestuur is om ons gesamentlike vermaakswerklikheid op ’n magdom vlakke te beïnvloed.

Neem nou maar sy debuut, Run With Me, in 1997, waarna EMI hom aan boord geneem het vir sy tweede album, Skud Jou Biscuit, in 2004. Voeg daarby Welkom In My Wêreld in 2005, Tattoo in 2006, 3 Susters in 2008 en 3 Susters + Superman ’n jaar daarna. Volgende was daar sy debuut DVD-album, Tattoo Live, en die CD-bekendstelling van Haak ’n Bietjie Uit in 2010. “So baie het gebeur sedert ek my laaste album vrygestel het,” voeg Pieter by. “Tussen my TV-werk vir Jukebox en die aanbieding wat ek op Jacaranda 94.2 doen, is ek deur Hit Factory Records genader, en saam het ons die volgende hoofstuk van my musiek beplan.” Die eindproduk is ’n 13-snit vooruitsprong reguit na die toppunt van die trefferlyste, ’n plek wat Pieter goed ken en na aan die hart lê.

Vandag is hy bietjie ouer en heelwat slimmer, en vasbeslote om sy aanhangers ’n sy van homself te wys wat sy musiek nooit tevore vertoon het nie. Wat Die Hart Van Vol Is bied nie alleen goeie dansmusiek nie (Tydmasjien, Doenit Net, Die Een Ding Wat Ek Doen en Waar Lê Jy Vanaand), maar ook ’n dieper, weldeurdagte betekenis en gevoeligheid in snitte wat onmiskenbaar die werk is van ’n volwasse musikant en verhoogkunstenaar. “Toe ek saam met welbekende vervaardiger, Murray Lubbe, en bekroonde liedjieskrywer, Johan Oberholzer, begin werk aan hierdie album was daar ’n fundamentele kopskuif wat ek wou hê vir my nuwe album,” verduidelik hy.

Die ander liedjieskrywers sluit Ampie du Preez, Vaughan Gardiner, Hugo Ludik en Reynardt Hugo in. Musikante Juan (Floors) Oosthuizen, Danny Smoke, Denny Lalouette, Vinnie Henrico, Ricus Nel en Matthys Maree het deel aan die produksie. Binne weke na die bekendstelling daarvan, is Wat Die Hart Van Vol Isgoed oppad na goue status. Dit is duidelik dat aanhangers Pieter se opwindende nuwe fase met ope arms ontvang.

“Ek is ongelooflik dankbaar vir elke oomblik tot nou toe wanneer die skeppingsproses my plat op die aarde gehou het,” erken Pieter. “Ek glo ek het myself as sanger weer gevind, en daarby is ek geweldig opgewonde oor die vooruitsigte daaraan verbonde.”

Van die pragtige opregte ballade Moenie Dink Nie Ons Doen Dit Net tot die radiovriendelike Man Van Staal, bied elke liedjie liriekbelaaide lesse wat aanhangers ter harte kan neem, en dan is daar nog die aansteeklike melodieë wat elkeen van die snitte op die nuwe album koester.

“Ek is al 13 jaar getroud en het drie pragtige kinders,” wys Pieter uit. “Omdat ek my repertoire verder uitbrei as die prettige, ligte sy van my persoonlikheid, kan ek saam met my bestaande gehoor groei terwyl ek my musiek vir die eerste keer aan selfs nog meer mense bekendstel. Met hierdie album kon ek net wees, en my persoonlike stempel op elke liedjie afdruk. Deur my eie perke te bepaal het ek myself uiteindelik voorberei om die reis vorentoe met my aanhangers te geniet.”

In ’n bedryf wat Pieter oor die laaste dekade help vorm het, is dit een ding om met aanhangers te skakel maar dit vereis ’n spesiale soort ster om hulle werklik te betrek en hulle aandag te behou. “Die Suid-Afrikaanse musiekbedryf het so baie gegroei vandat ek my debuut destyds in 1997 vrygestel het,” dink hy terug. Sedertdien het Pieter ook een van die land se min waarlik suksesvolle en veelsydige verhoogkunstenaars geword. “Ek het eers by musiek begin,” voeg hy by, “en toe gebeur TV en radio as gevolg daarvan. Elke aspek van my lewe voed die ander, en dit is dié deel waarvan ek die meeste hou.”

“My musiek is beter as gevolg van my radiowerk en die vier jaar wat ek al Jukebox aanbied,” gaan hy voort. “Elkeen vind baat by my mad-hatter begin in musiek sowel as by my meer gevestigde en subtiele temas en stemmings op Wat Die Hart Van Vol Is.

“Ek is lief vir wat ek doen en beoog om dit nog vir ’n lang tyd te doen,” dring Pieter aan. “As verhoogkunstenaar is ek nuuskierig oor wat my gehore dryf – veral as hulle my in die gesig staar,” skerts hy.

Wat hy doen as veelsydige vermaaklikheidspersoonlikheid maak van Pieter Koen ’n ekstrovert. Maar wie hy is en wat hom dryf as mens, word weerspieël in die 13 snitte op Wat Die Hart Van Vol Is. “Dit maak ’n mens nogal bang om meer van jou persoonlikheid bloot te stel,” erken hy. “Om nog ’n laag by te sit and dinge een trappie verder te vat, dit is waar ek nou is, en dit is verfrissend!”

Sy oupa was ’n lid van ’n boere-orkes, sy ma het gesing, en nou vat Pieter self die leisels oor, gretig om steeds sy merk te bly maak, al het hy reeds agt indrukwekkende albums en goueverkope agter sy naam. Party mense sê, “Uit die oog, uit die hart”. Dit lyk asof die toekoms net goeie dinge inhou vir Pieter Koen se aanhangers en sy musiek,  danksy hierdie keurige en geloofwaardige album. Voeg daarby die vooruitsig om Wat Die Hart Van Vol Is, asook meer as ’n handvol van sy ander treffers, binne die volgende jaar lewendig te siene en te hore te kry, en die lewe is lekker.

“Ek het verskriklik hard gewerk om weer te kan optel waar ek vertrek het met my laaste album,” gee hy toe, “en ek beplan om dit so te hou.” Wat Die Hart Van Vol Isis die gevolg van stemafrigting en introspeksie, tesame met ’n goeie dosis ligte pret – en jy kry die heel beste van Pieter Koen vandag. Wat môre inhou sal niemand weet nie, maar as hy enigiets daarmee te doen het, is dit gewaarborg om uitstekend te wees.

Wat Die Hart Van Vol Is is ’n perfekte weerkaatsing van waar ek nou is,” sluit hy af. Hy laat niks aan die noodlot oor nie – elke aspek van wat hom suksesvol maak is deeglik oorweeg en geskaaf, en in wese deel van ’n veelsydige, volledige vermaaklikheidspakket. Die eindresultaat is suiwer genot van begin tot einde!

http://pieterkoen.co.za/



 

Riana Nel is a Namibian singer-songwriter. After growing up in Windhoek, she moved to South Africa to start her career.

Her songs have been described as including elements of “Pop & Country”. She had firmly placed her roots in Gospel music on release of the albums; “Oopmond”, “The Cure”, “Someone With Skin” and won many awards including the “Crescendo award” in 2000.Her latest “Die Moeite Werd” She changed her name toe Riana Nel and “Die moeite werd” appeals more to the secular market and has reached Platinum status and continues to top South African Music charts.Riana has also starred in the Afrikaans movie, ‘N Saak Van Geloof’ alongside her co-star Robbie Wessels, the well acclaimed South African singer/songwriter comedian.

Nel is a well acclaimed songwriter having written songs for Juanita Du Plessis, Bobby Van Jaarsveld and for Lianie May’s most recent album, ‘Lank Lewe Die Liefde’. Riana Nel has shared a stage with her sister Nianell, Bobby van Jaarsveld, Lianie May and many more.

She has performed in South Africa, Namibia, France, Holland, the UK, Nashville, Russia, Mozambique and Australia.

http://en.wikipedia.org/wiki/Riana_Nel







Robbie is `n kunstenaar eie in sy soort. As akteur, sanger, liedjieskrywer en filmmaker  kan hy jou laat lê van die lag, maar jou ook dieper laat delf in die dinge van die lewe. `n Grapjas is hy beslis, maar dis ook daardie ander sielvolle kant wat hom oor die jare `n groot gunsteling onder Afrikaanse aanhangers gemaak het. Oorspronklik, humoristies, diep. Dit is die drie woorde waarmee Robbie Wessels se werk beskryf kan word.

Robbie is as Vrystater gebore en het op ’n plaas buite Kroonstad groot geword, as Kapenaar gematrikuleer, en as Gautenger het hy sy diploma in Drama by Tshwane Universiteit van Tegnologie gewerf.  In 2002 het hy bekend geword as die karakter Poena in die gewilde TV-reeks Gauteng-alêng-alêng en in 2005 verras hy die land met sy talent as sanger en liedjieskrywer met die album “My Vissermanvriend se Pa”. Hierdie album het 120 000 kopiee verkoop. In 2005 word Robbie by die Huisgenoot Tempo-toekennings as  gunsteling nuweling aangewys en in 2006 word sy tweede album, Halley se Komeet, by die KKNK vrygestel.
Die reuse trefferliedjie “Leeuloop” word deur Vodacom gebruik vir hul advertensieveldtog en skielik weet die hele land wie Robbie Wessels is. Hierna het Robbie nie opgehou met sy kreatiewe produsering nie. Opvolg albums is,“ Afrika Sonsak“ in 2009, „“Kaalvoet“ in 2011 asook “Als wat ek het“ in 2014. Treffer liedjies op hierdie albums is, Hou Vas Jou Matras, Waar Lê Jy Vanaand? Verbode Vrugte, Leeuloop, Asseblief my lief, Die Coach se Speech, Asetileen en Suurstof, All Blacks teen die All Blacks en vele meer.

Al Robbie se liedjies is oorspronklik en word uit persoonlike ervaring neergepen. Met sy lewenspad kruis Robbie baie interessante mense, wat toevoeg tot al die stories wat hy met soveel deernis vertel deur sy musiek. Robbie het ‚n unieke aanvoeling vir die wereld se dinge en sy mense, dit word duidelik gesien en gehoor deur sy werk en gee hy slegs die krediet aan sy Skepper wat hom hierdie geskenk gegee het om mense te kan vermaak. "Ek is 'n rustige ou wat lief is vir my land, my familie en 'n glasie rooiwyn so nou en dan," sê Robbie.
"Afrikaanse musiek is nog een van my liefdes en ek hoop dat ek 'n bydrae kan lewer. Dit is 'n plesier om vir die land en sy mense op te tree."

Gepraat van sy vele talente, Robbie en sy broer Hamilton het saam hul eerste draaiboek geskryf genaamd “100 Meter Leeuloop“ Hierdie skreeusnaakse film is tans beskikbaar by dvd-winkels en het sy verskyning op die groot skerm gemaak in 2013. Met die groot sukses hiervan verseker Robbie en Hamilton dat daar wel uitgesien kan word vir nog films in die toekoms.

Robbie se liefde vir teater word ook nie opsy gesit nie, in 2013 maak Robbie sy verskyning in die Jesus Musiekblyspel as Johannes die Doper by die Staatsteater, onderleiding van Deon Opperman. Hierdie rol het vir Robbie baie na aan die hart gele.

Robbie is tans te sien in die plaaslike sepie Binnelanders.


http://www.robbiewessels.co.za/index.html#&panel1-1



 

Steve Hofmeyr is al vir dekades lank hard aan die werk – nie net as ’n gewilde vermaaklikheidster nie, maar ook as ’n persoonlikheid by wie mense op ’n emosionele, kulturele en patriotiese vlak aanklank vind.

Sy derde Toeka-huldeblyk is pas vrygestel en hy het ook onlangs sy 9de boek, STEVE50HOFMEYR, voltooi. Met hoofstukke soos Kaalvoetdae, Deurbraakjare, Celebs & Selfies, In aksie, Erfenis, Films & TV, Oppipad en Oppiplanke, vertel die treffersanger sy storie met behulp van foto’s wat deur verskillende mense geneem is – van fotograwe, sy aanhangers en span, tot hy self.

Steve het al baie hoogtepunte in sy loopbaan bereik, van albums met multiplatinumverkope en topverkoperboeke, tot suksesvolle televisiereekse, geselsprogramme, en uitverkoopte konserte regoor die wêreld.

Naas ’n liedjieboek, met meer as 200 oorspronklike (opgeneemde) liedjies, kon Hofmeyr reg deur sy ryk loopbaan kwalteitwerk lewer, verhoudings bou en kritici verkeerd bewys.

As akteur, suksesvolle skrywer, televisiepersoonlikheid en dikwels omstrede sosialemedia-kommentator, het Hofmeyr nog altyd intens daarop gefokus om stories te vertel deur musiek, wat aanklank vind by kultuurbewustes asook by diegene wat bloot die ritme van drie en ’n half minute se pret wil voel. “Ons fragmenteer die oomblik,” sê hy. “My liedjies wys iets van die dinamiek van Afrikaans, en die lekkerste deel van kultuur is dat dit nie gereguleer kan word nie.”

Steve het oor die jare ’n musikale monument vir Suid Afrikaanse nostalgie en Afrikaanse vermaak geword en ry steeds die golf van daardie sukses. “Ek het ’n bietjie van my waagmoed om te eksperimenteer afgeskud,” vertel hy egter. “Maar ek poog om steeds my kant te bring by liriese inhoud en lekker, soliede konserte. Dis lank nie meer iets wat ek doen nie, maar iets wat ek is!”

Danksy jare se ondervinding in die musiek- en vermaaklikheidsbedryf, is sy stem vandag groter en beter as ooit. “Ek kan letterlik hoër note bykom,” sê hy oor die omvang van sy stem. “Ek het as ’n kroegsanger begin, maar geleer om myself darem tegnies te verbeter. En as ’n mens onder begin het, is daar immers nog baie geleenthede om mense te beïndruk,” grap hy.

Alhoewel Steve ongetwyfeld ’n begaafde outeur, akteur en musikant is, het sy popstatus al enkele terugslae beleef – was daar geen einde aan die teenvoeter van prestasie, inspirasie en loopbaanvieringe nie. “Ek word omgekrap deur realiteite in politiek en die samelewing,” erken hy. “Ek sing nie genoeg hieroor nie. Musikaal gesproke is daar egter vandag ’n magdom uitstekende Afrikaanse kunstenaars – wat almal iets te sê het – en dís ’n wonderlike ding. My doel was altyd om die Afrikaner/Boer ‘n deelnemer te maak in die vieringe in die wondere van Suid Afrikanerskap, maar vas te skop teen dit wat ons kulturele bestaan kan uitsmoor. Ek’s deel van ’n minderheidskultuur. Paranoia is ons reg. Ek’s ’n kunstenaar wat uit mense sing, nie vir hulle nie. Ek sit die gevoelens en gedagtes van die meeste mense in woorde om. Ek’s trots op my liberale wortels, hoewel ek as kunstenaar en kultuurdier behoudend is,” sê hy met ’n gemaklike glimlag.

Vandag het Hofmeyr die reg verdien om die golf te ry wat hy help skep het. “Ek’s dol oor die diversiteit wat my lewe my bied,” bevestig hy. “Ek word jaarliks rolprentrolle aangebied, waarvan ek soms aanvaar. Elke vier jaar waag ek weer ‘n musiekblyspel, solank my knieë nog hou. Ek hou daarvan om te skryf en my helde dop te hou soos wat hulle ouer word. Want daar was altyd iemand voor jou, wat beter was, wat jou iets sal leer.”

Daar is ook ’n ander kant aan Steve, een wat oor meer as net pop, rock en folkmusiek gaan. “Ek is dankbaar vir daardie nuwe spasie. Dis waarvoor die boeke daar is. Musiek, in vergelyking daarmee, volg ’n duidelike pad sonder afleidings na die goedvoel-vermaak waarvoor dit bedoel is.” Musiek is Steve se veilige plek. “Ek weet dit, daarom misbruik ek die platform meesal nie. Maar skryf is taaier, neem meer tyd in beslag. Ek werk tans aan my negende boek.”

“Daar is ’n vlak van integriteit waarna ek altyd, selfs as popkunstenaar, gestreef het,” gesels hy verder, “en ek wil graag glo dat ek daardie balans volhou. Dit was egter nooit my oorspronklike voorneme nie, maar uit die genade van onse muses het dinge so uitgewerk. Ek was nog altyd te ontspanne as kunstenaar om te geforseerd te wil wees.”

“Vandag staan ek sterk en doen ek met elke verhoogoptrede die besigheid van vertolking, niks meer en niks minder,” sê Hofmeyr. “Ek’s steeds mal daaroor. Daar is dus iets te sê vir ouer word. Vandag speel ek vir verskillende gehore, wat almal vir verskillende redes daar is. En my musikale lakmoes sê vir my dat mense daarvan hou. As dit stop, sal ek ook.”

Steve het sedert 1987 al heelwat gereis, opnames in Los Angeles gemaak en vir ’n rukkie in België gewoon om opnames en optredes saam met Dana Winner te doen. So tussen die skryfwerk en opnames (met onder andere Patrizio Buanne), plaaslike en wêreldtoere deur, is 27 uitmuntende albums uitgereik, waarvan altesaam meer as tweemiljoen kopieë verkoop is. Sewe rolprente en sewe musiek-DVD’s later, bestaan daar geen twyfel dat Hofmeyr werk en die kuns van ‘n lewe-in-treffers vervolmaak het.

In daardie tyd het hy sy formele opleiding as akteur op televisieskerms en die silwerskerm met sy aanhangers gedeel. Hy het van die mees onweerstaanbare musiek opgeneem en sewe topverkoperboeke geskryf, waarvan vier volbloed-romans is. STEVE50HOFMEYR, wat onlangs voltooi is, is ’n foto-biografie wat ’n kant van hom wys wat sy aanhangers nog nooit gesien het nie. “Ek het ’n vermoë om mense te kry om saam te speel, op te staan, ken te lig, saam te praat en te baklei, sonder om ooit saam te stem,” erken Hofmeyr. “Ek stuur gehore na ’n ruimte waar hulle veilig voel. Eintlik voel ek soos Elvis toe hy op ‘n keer gesê het: ‘Ek weet nie wat dit is nie, maar dit werk’. Die ou vuurvreter Friedrich Nietzsche het ook gesê: ‘Ek luister na musiek vir my eie gemak.’ Ek dink ek kan heeltemal met daardie manier van luister saamleef.”

Volgens hom was 2008 tot 2014, tot op datum, sy produktiefste jare. In hierdie tyd moes hy weer op sy voete kom na ’n egskeiding, siekte en selfs publieke oordeel en spot. Maar hy het as ’n oorwinnaar, vol inspirasie, net groter hoogtes bereik met elke nuwe projek wat hy aangepak het. “2008 was ’n keerpunt,” bevestig hy. “Dit was ’n soort Rubicon – niks was weer dieselfde daarna nie. Daar was ’n duidelike transformasie en ek kon dit voel. Ek is nou meer in pas met dit wat rondom ons afspeel, en ek doen verslag oor al dié dinge met behulp van die mediums wat tot my beskikking is.”

In 2011 het Steve letterlik sy stem verloor en dit het nie net vanself weer teruggekom nie – ’n ontnugtering wat hom weereens laat besin het oor sy werk en hoe hy dit doen. “Ek het opgepak en ’n maand lank in Europa gaan toer, waar ek nie ’n woord gesê het nie,” onthou hy. “Gelukkig het ek herstel en daarmee saam het die besef gekom dat dit uiters belangrik is, om die tempo waarteen ek werk, te beheer as ek onbepaald wil aanhou met wat ek doen en wíl doen.”

Buiten vir “plantkunde en kosmaak”, het hy sy hand al aan alles gewaag en in elke dissipline ’n gehoor gevind. “Ek het drama studeer en alles wat daaruit gespruit het, het my lewe geword,” vertel hy. “Teater, televisie, skryf, rolprente en musiek – dit is nou alles deel van my. Die boek-ding was waarskynlik onvermydelik. Hoewel dit nie my hooffokus is nie, kon ek dit gelukkig stadig benader. Ek vind ek moet skryf, en soos elke ander aspek van my loopbaan, vind die een baat by die ander.”









Theuns Jordaan is op 10 Januarie 1971 gebore en het op ‘n plaas naby Venterstad, 30km van Bethulie, grootgeword. In sy matriekjaar aan die Hoër Volkskool Graaff-Reinet het hy sy liefde vir rugby met ‘n kitaar begin deel. Ná skool is hy weermag toe, daarna na die Universiteit van Stellenbosch waar hy ‘n B.Ekon.-graad verwerf het.

Dit was ook op Stellenbosch waar Theuns al meer begin sing het. Op 21 Oktober 1992 het hy vir die eerste keer voor ‘n gehoor in die kuierplek The Terrace opgetree met ‘n paar rand en ‘n pizza as enigste betaling.

Met sy graad in die hand verruil Theuns in 1998 Stellenbosch vir Pretoria en by die KKNK van 2000 word sy debuutalbum, Vreemde Stad, vrygestel. Vreemde Stad word een van die suksesvolste debuut-albums nog ooit in Afrikaans met verkope wat reeds verby die 210 000-merk is.

Die langverwagte tweede album, Tjailatyd, word by Aardklop in 2002 bekendgestel en ook hierdie album se verkope is reeds by bykans 220 000.

Die kitaarspeler Anton L’Amour begin gereeld saam met Theuns optree, ‘n samewerking wat vandag nog deel is van Theuns se loopbaan.
In November 2005 word Seisoen vrygestel en hierdie keer is L’Amour in die regisseurstoel. Seisoen sorg ook vir rekordverkope met meer as 115 000 CD’s wat verkoop is. Theuns het dus met slegs drie albums verkope van meer as 500 000 behaal.
In 2007 besluit Theuns om sy sewe jaar as professionele sanger op een album saam te vat. Grootste Treffers word in Maart vrygestel en verkoop byna 85 000 tot op datum.
Op 28 Maart 2008 word Theuns en Juanita du Plessis se Bring Jou Hart op DVD vrygestel. Dis ‘n reuse sukses en daar word ook ‘n CD vrygestel. Die DVD se verkope was 105 000 en die CD ‘n ongelooflike 120 000.
Theuns was nog altyd ‘n groot aanhanger van die musiek van Koos du Plessis en in April 2009 word Koue Vuur vrygestel. Dit behaal binne twee maande platinumstatus en die verkope staan tans op meer as 100 000.
2012 is ‘n groot jaar vir Theuns. Nie net stel hy sy vyfde solo-CD, Roeper, vry nie, maar hy en Juanita werk weer saam op Hart Vol Drome.
Roeper is een van 2012 se grootste verkopers en boer lank op die topverkoper-lyste van platewinkels en programme soos RSG se Top 20 en DKNK. Die album se verkope was in Maart 2013 reeds by bykans 115 000, maar die handvol Ghoema-toekennings wat die album in April 2013 gewen het – onder meer vir album van die jaar - het beteken dat dit later die maand wéér op RSG se Top 20 was.
Theuns is met sy diep rasperstem nie net ‘n uitstekende sanger nie, hy het ook deur die jare sy staal as liedjieskrywer gewys. Verskeie groot treffers – Soos Bloed, Jou Asem, Roeper van My Hart en Net Voor die Storm Kom om net ‘n paar te noem – is uit sy pen en daar is beslis nog ‘n paar wat wag om geskryf te word.

http://www.theunsjordaan.co.za/?linkID=TJ
 


 


 

Andriëtte Norman het reeds in 2007 as 'n vars vokale vonds in die Suid-Afrikaanse musiekindustrie begin woel. 8 jaar later hou sy steeds aan om
musiekliefhebbers én resensente te verras met een puik album na die volgende.
Haar kenmerkende lae register verwissel moeiteloos met betowerende hoë note om nuutskeppings soos "Napoleon", "Sewe oseane", "Ons" en "Met ander woorde" - sowel as haar vertolkings van immergewilde gunstelinge - in harte, en ranglyse, regoor Suid-Afrika in te sing!
Oor die verstek van 4 hoogs suksesvolle albums – "Diamant", "Dink aan my", "Vat my hoër" en "Wat rym met liefde" - het Andriëtte die lirieke en melodieë van onder andere Rudi Claase, Johan Oberholzer, Vaughan Gardiner, Emil Struwig, Helmut Meijer, Chris Chameleon, Hunter Kennedy, Steve Hofmeyr en Fred den Hartog, sowel as haar eie skeppings, die lig laat sien.
Die albums is uitstekend ontvang, met "Diamant" en "Vat my Hoër" wat goue status behaal het, terwyl "Wat rym met liefde" die kerf van 40 000 verkope verbygesteek en só platinum status bereik het.
Te oordeel aan dié verkope, haar verskeie ranglys-treffers, sowel as die opkoms by haar lewenige vertonings regoor die land, is Andriëtte sonder twyfel een van Suid-Afrikaanse musiek se groot gunstelinge, met nog groter mylpale en hoër hoogtes in die visier!
Andriëtte se splinternuwe album, "Perel vir 'n Kroon", word eersdaags vrygestel.


BESPREKINGS
Alice Gerber 071 604 9325
admin@andriettenorman.co.za
www.andriettenorman.co.za





 

Die naam Adam Tas verwys nie vandag na die vader van geskrewe Afrikaans van die 1600s nie, maar die gewilde Afrikaanse sanger wat groot opskudding in die musiekbedryf maak.

Van ‘n klein begin in Hatfield, Pretoria tot ‘n Guiness Wereldrekord sing Adam Afrikaans met sy “Rock” ondertoon menigte se harte warm. Maar sy toekomsplanne het nooit musiek ingesluit nie, waar ‘n fietsongeluk sy liefde vir die kunstipe gekweek het.

Adam is op die 25 Augustus 1981 in Pretoria gebore. Hy het by Laerskool Garsfontein sy skoolloopbaan begin en by Hoerskool Garsfontein dit voltooi. Naskool het hy vir ‘n kursus in joernalistiek by Unisa ingeskryf en is selfs vandag ‘n gekwalifiseerde wildbewaarder.

Musiek was egter steeds nie op sy agenda nie, waar hy eintlik gedroom het om vir die Blou Bulle rugby te speel.

Dit was egter na Adam met sy fiets ‘n ongeluk gehad het dat hy met musiek in aanraking gekom het. Vir weke was Adam bedlêend en het hy sy kitaar opgetel om homself besig te hou. In die tyd het hy homself geleer kitaar speel en sy gewilde rasperstem ontwikkel.

So het sy passie en ‘n hongerte vir musiek begin groei en hy het musiekvertonings van ander kunstenaars bygewoon. Een bekende afrikaanse sanger, Valiant Swart se optrede was die laaste spykerhou wat Adam nodig gehad het om sy eie musiekloopbaan te begin.

Nes enige struikelende musikant het Adam alleen in Hatfield se kuierplekke opgetree en so sy stempel onder veral die studente gedruk. Sy eerste album, “Memories in ‘n menthol” het soos soetkoek verkoop. Adam het nie net ‘n warm stem nie, maar ook ‘n talentvolle skrywershand.

Die liedjies op sy albums is meestal deur Adam en sy vriend Kobus Koekoes Bezuidenhout geskryf.

As gekwalifiseerde wildbewaarder, teel Adam ook saam met sy pa met verskeie diere op hulle plaas. Hulle teel met nyalas, swartwitpense (sybles), skoon oos afrika buffels, ens. Adam is lief vir die natuur en 'n groot boog jagter deesdae. Hy sal graag eendag ook sy eie plaas wil besit.

Min mense kan se dat hulle naam in die Guinness boek van wêreldrekords verskyn. Adam het 2007 in 24 uur by 41 verskillende plekke opgetree en so sy plek in die gesogde boek verdien.

Verder is die sanger baie beskeie en glo sukses lê in vroeg opstaan en laat gaan slaap, asook om twee keer harder as jou grootste teenstander te werk. Hy is altyd eerste om ‘n grappie te maak en is trots daarop dat hy eerste in sy Graad 1 klas gestaan het.

Adam Tas is deesdae ook die aanbieder van die gewilde tv program "Wild en Wragtag" op KykNet en gaan ook eersdaags te sien wees in die fliek "Die spook van Uniondale".

Van Adam se grootste vertonings bly Skouspel in die Sun City Superbowl alhoewel die klein teater optredes die lekkerste bly omdat dit so intiem is en hy kan sien hoe sy liedjies mense raak.

Adam Tas se laaste oorspronklike album "Want jy is boer” is sy gewildste tot nog en verkoop steeds sterk.

In 2015 het Adam Tas almal veras met sy Johnny Cash ’n Tas vol Cash tribute album, Hierop is nie die die gewilde Cash liedjies wat ons in die fliek “Walk the line” leer ken het nie, maar die meer dieper Cash liedjies wat net Adam Tas geregtigheid aan kan laat geskied.

Al Adam Tas se CD's is moontlik beskikbaar op kalahari.com, takealot.com of op iTunes.




Early life ..

Henk, the youngest child of Theuns and Susan Opperman, was born in Hluhluwe, where he picked up the zoeloe language by playing with his Zulu friends on the farm. His parents decided to move to Standerton to occupy a farm there when Henk was six years old. He started school at Leslie and finished at Evander.
During his time in school he was already performing at different functions. Henk knew in his heart that there was nothing that he would rather do than to pursue music, this was his one and only career choice. After the army, he went into graphical design studying at the Pretoria Technikon. It was during this time that the nickname Dozi came into the foreground because he was a man that just love to sleep all the time.

 

Foot in the door ..

After joining the South African Police Band he started studying under Hansie Roodt. With years of determination and sweat he finally releases his first album in 1999 called "Mercy".
In a way the "Mercy" CD was the stepping stone in the success of Dozi. Being unique as one of only a handful of caucasian male South African singers, being fully trilingual, Dozi became the missing link between Black and White South Africans when he was asked to perform traditional Afrikaans songs in Zulu on a popular Afrikaans television program called "Noot vir Noot".


The Sweet taste of sucsess ..

Not long after the release of his Zulu gospel album, Dozi released his first Afrikaans album titled: "Op Aanvraag" in 2000.  The album becomes an immediate success and skyrockets to the top of the South African charts, selling over 100 000 units. This places Dozi firmly in the double platinum crowd. With the public still wanting the "Op Anvraag" CD and while sales are still continuing to climb, Dozi decides to release his next album: "Storm op die Horison" in December 2001. Staying true to his nature Dozi compiles a 17 track album that contains a mixture of both Afrikaans, English as well as Zulu tracks. "Storm op die Horison" goes platinum. In February 2003 Dozi releases his 4th studio album called: "Siyaya - Ons Gaan" which achieves gold status within the first month of its release.  Dozi receives platinum awards for both "Storm op die Horison" and "Siyaya - Ons Gaan" at the Aardklop festival that same year. In Dozis early years as a musician, he became very famous in the local club, pub and restaurant circles. Doing these shows allowed the audiences of then to experience another side of Dozi much different from the music we know today. Doing well established cover songs became his trademark. Because of the constant nagging from his earlier Student and restaurant fans, Dozi releases his "Rocking the World" album in December 2003.  This album is a clear "Dozi" interpretation of already popular songs. Seventeen days after its release "Rocking the World" goes gold. While still doing his own performances at the KKNK festival in 2004, Dozi colaborated with many other well known South African musicians like Jannie Moolman and the Afrika Mamas. This production receives a Kanna award for the most popular production at the festival. In August of 2004 Dozi fills an emptiness in his music career as well as his fans by releasing his very first DVD recording: "Dozi Live at the Rendezvous".  His new Afrikaans album "Kruispad" gets released at the Aardklop festival that same year and also achieves platinum status. "Kuispad" shows Dozis diversity to perform almost any song from the heart, hence it be serious or comedic

 

http://www.dozi.co.za/#!/page_HOME

















 
 
         
       
       
       
 
 

Wed Aug 24 2016 19:13:37 GMT+0200

UnionpediaLogoThe Concept Map
This list of Afrikaans singers includes singers whose performances and releases are in the Afrikaans language.

73 relations: A cappella, Afrikaans, Al Debbo, Amanda Strydom, Amor Vittone, Anton Goosen, Arno Carstens, Battery 9, Bles Bridges, Bobby van Jaarsveld, Bok van Blerk, Cape Town, Casper de Vries, Chris Chameleon, Cristina Boshoff, David Kramer (singer), Die Antwoord, Die Grafsteensangers, Die Heuwels Fantasties, Erica Eloff, Etienne Steyn, Fanie de Jager, Fokofpolisiekar, Foto na Dans, Gé Korsten, Gert Potgieter (tenor), Hennie Jacobs, Hi-5 (South African band), Izak Davel, Jack Parow, Johannes Kerkorrel, Juanita du Plessis, Karen Zoid, Karin Kortje, Koos du Plessis, Koos Kombuis, Kurt Darren, Laurika Rauch, List of Dutch musicians, List of South African musicians, Liza Brönner, MaxNormal.TV, Mimi Coertse, Music of Namibia, Music of South Africa, Music of the Netherlands, Nataniël, Nádine, Nianell, Nicholis Louw, ...

 

 
Save
SaveSaveSaveSaveSaveSaveSave
SaveSaveSave

SaveSaveSave
SaveSaveSaveSaveSaveSaveSaveSaveSaveSaveSaveSaveSaveSaveSaveSaveSaveSaveSaveSave
Save
SaveSave



 
 



Diese Webseite wurde kostenlos mit Homepage-Baukasten.de erstellt. Willst du auch eine eigene Webseite?
Gratis anmelden